stof tot stof, stof tot nadenke
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seŽninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Prima staalkonstuksiewerk op jou voorstoep.
Staalafdakke, nuwe strukture en 'n wye reeks staalwerk nou binne jou bereik.
Tuisblad

Jy het dit self probeer sweis. Maar dit lyk meer asof daar gisteraand 'n duifpartytjie was. Jy het jou afdak self gebou, maar daar is steeds meer water onder jou afdak as daarbuite.

Jy het 'n behoefte aan 'n buitehuisie waar jy oor die dag se sorge kan gaan filosofeer, maar jou hande is tien duime.

As konstruksieverwante bekommernisse jou tot raserny dryf, maak dit Jacques se probleem. Hy het die kennis en ondervinding om te verseker dat die nuwe konstruksies op jou werf, stylvol is en van betroubare vakmanskap getuig. Hy weet net hoe om die konstruksies wat aandag nodig het, weer tot nuut te herstel.

Moenie langer uitstel en bly stres nie, dit is regtig nie goed vir jou gesondheid nie.

Gratis kwotasies word gelewer vir alle staal en konstruksiewerk in en om die huis.

Enkele van die dienste wat aangebied word, is die volgende:
- Groot en klein afdakke
- Palisades
- Swembad omheinings
- Diefwering
- Veiligheidshekke
- Skuifhekke groot en klein
- Toemaak van stoep met staal
- SeŽl van sinkdakke
- Verfwerk
- Tol wasgoedlyne
- Tradisionele wasgoedlyne
- Staal meubels
- HandreŽlings
en vele ander dienste en produkte, pasgemaak na jou hartsbegeerte.

Skakel vandag nog vir Jacques by 0794853253 of epos hom by staal@sukijaki.co.za, vir toegewyde- en kwaliteit omgeediens deur 'n ware edelman.

Pro-Fix staalwerke
.